Sunday, 05 September 2010

Die gewilde Kumba Iron Ore Classic wat oor 105km strek, vind vanjaar weer op 25 September tydens die Kalahari Kuierfees in Upington plaas.  Hierdie padfiets wedren is baie gewild onder fietsryers en word jaarliks deur ryers oor die hele land ondersteun.  Daar word vanjaar deelnemers van so ver as Windhoek, Kaapstad en Johannesburg verwag wat nie net aan hierdie tawwe fiets wedren kom deelneem nie, maar ook sommer die Kalahari Kuierfees kom geniet.

Die Kumba Iron Ore Classic is weer soos verlede jaar 'n "Argus Seeding Event" ('n tydkwalifiserende resies vir die Cape Argus Pick 'n Pay Cycle Tour), maar hierdie jaar is dit 'n nog groter wedren aangesien dit nou ook deel van die "Alpha Pharm Series" uitmaak.  Die betrokkenheid van "Alpha Pharm", met hulle reeks wedrenne, beteken dat enige professionele span nou ook by hierdie wedren in Upington kan kom kompeteer vir punte vir dié reeks.

Die prysgeld beloop vanjaar ongeveer R90 000 en daar is nog talle ander pryse ook op die spel.  'n Lid van die reëlingskomitee, Dirk Oberholster, sê dit sal 'n groot en baie opwindende wedren wees om te aanskou.  "Dit is nie elke dag dat 'n mens die kans kry om al die professionele fietsryers in aksie in Upington te sien nie", het hy gesê.  Daar gaan ook om twaalfuur die middag 'n "Kermesse" in die palmlaan plaasvind waar 30 ryers dit teen mekaar gaan uitspook.

Oberholster raai fietsryers aan om vroegtydig akkommodasie te bespreek aangesien dit 'n baie besige tyd in Upington gaan wees tydens die Kalahari Kuierfees.  Die wegspring is om 6 uur die oggend waarna die kermesse om 12 uur die middag gaan plaasvind.  Die amptelike prysuitdeling vind om 3 uur die middag by die Kalahari Kuierfees terrein plaas.  Die organiseerders maak vanjaar ook geleentheid vir die ondersteuners en bewonderaars om die professionele ryers te ontmoet.  Vir die rustiger fietsryers word daar ook 'n 50km pretrit aangebied.

Laasjaar het daar 300 ryers vir die wedren ingeskryf en talle professionele spanne soos MNT se span, Konica Minolta (albei van Johannesburg), Neotel van Kaapstad en GT Maties het ook deelgeneem.  Die 105km is deur Malcolm Lange en die 50km deur Reidhen Kruger gewen.  Die kermesse is deur Nolan Hofman gewen.

Belangstellendes kan vêrdere inligting oor die Kumba Iron Ore Classic op die webtuiste van die Kalahari Kuierfees vind by www.kalahari-kuierfees.co.za of by www.racetec.co.za

 

Wedren besonderhede  Kliek hier

Wedren Pryse  Kliek hier

 

   

  

   

 
Banner
ZAYIFLAMANIN Adresi redpepperline.com 1 haftada 3 kilo vermek cok kolay. Kx1 ZAYIFLAMA HAPI ile kilo derdine son ver. ideal kilonuza ZAYIFLAMA HAPLARI hapi ile ulasin. yeni videolar redtube izlenir. KURŞUN GEÇİRMEZ cam lokmancam.com.tr de ... film germanyouporn.de watch. erotik icerikli porn izleme adresi. Free porn tv watch online. xxx free sex tv online. zayiflama derdine son ZAYIFLAMA zayiflama hapinda olay. tv sex movie watch. film porno watch. Good Movie free porn watch. hafiflemek kilo verme icin zayiflama hapi kullanin. Free porn movie watch. xxx german porn tv. kilonuzu diyet hapi ile kontrol edin. Online youporn tv. Canli porno izle . Turk porno kanalı. Liseli sex derdinde. Hatun sikis izle. Youtube youtube mek ucretsiz.