Kalahari Kuierfees

27 – 29 September 2012

 

 

 

 

 

 

Die Kalahari Kuierfees het nuwe E-pos adresse kalahari@kuierfees.co.za en kalahari1@kuierfees.co.za | Faks nr: 086 212 0426

 

 

Die Kalahari Kuierfees is sekerlik die belangrikste inskrywing op die sosiale kalender van Upington en omgewing en lok jaarliks duisende toegangers – oud en jonk. Die unieke landskap met die kombinasie van die Oranjerivier, sandduine en wingerde tesame met die vriendelikheid van die Kalahari mense, dra by tot die sukses van die fees.

 

Met die Kalahari Kuierfees word Afrikaans as taal omskryf, asook die omgewing se toerisme aantreklikhede, sport, inheemse kos, streeksprodukte, die natuur, eiesoortige kulture, teater en opbouende musiek, terwyl verskillende teikengroepe in aanmerking geneem word.

 

Aktiwiteite word nie net op die Eiland Feesterrein aangebied nie, maar ook op talle goed geleë venues in Upington. Dus is die hele dorp deel van die opwinding wat met die fees saamgaan! Die ABSA Vryverhoog is by die //Khara Hais Munisipaliteit, waar bekende nasionale kunstenaars en plaaslike kunstenaars gratis in aksie deur toeskouers gesien kan word.

 

Daar is jaarliks meer as 100 kunsmarkstalletjies wat aan elke smaak voldoen en ook die heerlikste kosstalletjies. As jy ietwat meer eksklusief en rustig wil kuier, kan jy jou skoene kom uitskop in die Oranjerivier Kuiertent.

Van die kunstenaars wat vanjaar vir die vermaak gaan sorg is onder andere Elizma Theron, Emo Adams, Nicholis Louw, Theuns Jordaan, David Fourie en Die Heuwels Fantasties.

 

Vir die kinders is daar ook vermaak: Lollos 4: Oe la la, Suid-Afrika belowe om groot pret te wees.

Sport maak ‘n groot deel van die fees uit en een van die uitdagings waarna uitgesien kan word, is ‘n beplande toutrek oor die Oranjerivier.

 

Trek jou feesskoene aan en kom deel in die opwinding onder die Kalahari son! Hierdie is sowaar ‘n fees vir die hele gesin!

 

Sien jou by die FEES SONDER BRIEKE!

 
 
     
 
     
 
     
 
     
 
     
 
     
 
   
Copyright © 2012 Kalahari Kuierfees. Designed and Hosted by: Upington-Online